MOSSELBAAI NUUS - Die bestuur van Klein-Brakrivier VLV nooi alle lede en gaste uit na hulle 2023 wegspring-geleentheid. Dit vind op Woensdag, 18 Januarie om 10:30 in die Reebok-gemeenskapsaal plaas.
Tydens die geleentheid gaan daar ondermeer 'n kykie na die oorsprong van die Vroue Landbou Vereniging (VLV) en 'n oorsig van die jaar se opwindende planne wees.
Die spesiale gas vir die byeenkoms is Natasha Joubert.
Neem ook sommer jou plastiekproppies vir herwinning en kleingeld vir lootjies saam. Gaste kan saam kuier teen R40 per persoon. Dit sluit soos altyd lekker eet- en drinkgoedjies in.
Ledegeld vir bestaande lede is R250 per jaar en R280 vir nuwe lede wat die VLV-kenteken insluit.
Vir meer inligting oor die bedrywighede van die Klein Brak VLV-tak, of om aan te sluit of by te woon, kontak vir Lynette (083 448 5548 of WhatsApp 082 928 5624).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'