KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Die watervlakke van die Klein-Brakrivier was om 10 uur vanoggend, 21 Augustus, 1,61 meter. Riviertoestande en -vlakke word voortdurend gemonitor en al die relevante owerhede word op die hoogte van die toestande gehou.
Die besluit of die riviermond meganies oopgemaak moet word, is gegrond op die hoogte van die versperring (berm), invloei asook voorspelde/verwagte reënval.
Die bermhoogte is nou baie laer as die byna 1,8 meter toe die rivier kort tevore meganies oopgemaak is.
Mosselbaai-munisipaliteit hou die owerhede voortdurend op hoogte en uiteindelik neem die eksterne departemente soos die DEFF die besluit of die rivier meganies oopgemaak moet word of nie.
Klein Brak River continuously monitored
The water level of Klein Brak River was 1.61 meters at 10:00 this morning, 21 August. River conditions are constantly being monitored, and all the relevant authorities are kept abreast of the river conditions.
The decision of whether or not to mechanically open the river mouth is based on berm height, inflows, and predicted/expected rainfall. The berm height now is much lower than almost 1.8 meters when the river was last breached.
Mossel Bay Municipality keeps the authorities informed and, ultimately, the external departments such as the DEFF decide whether to open the river mechanically or not.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'