MOSSELBAAI NUUS - Klein Brak VLV-tak het op verskeie vlakke en met groot entoesiasme die DBV se onlangse sleepathon ondersteun.
Onder leiding van VLV projek-sameroeper, Lynette Nel, is artikels deur taklede ingesamel, geskenk en is die stalletjie waar die kattebakverkoping (boot sale) gehou is, beman.
Takverteenwoordigers het ook al die bestanddele vir 'n heerlike kerrie en rys geskenk, voorberei en tydens die geleentheid verkoop.
Ingesamelde fondse en oorblywende artikels is aan DBV geskenk.
Klein Brak VLV se kattebakverkoping-stalletjie by die DBV se sleepathon.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'