Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Mossel Bay Advertiser het vroeër vandeesweek berig aangaande die soektog na gesteelde goedere wat by ‘n plaaslike begrafnisondernemer gebuit is.
Die onderneming is naby die Da Gamaskop-polisiestasie in Mosselstraat geleë.
Maandag, 6 Junie is ‘n video waarin ‘n man 'n doodskis op sy rug dra, wyd op sosiale media versprei.
Die video video toon hoe die man vanuit Ankerstraat met die doodskis in Strandstraat afstap. Strandstraat is reg agter die Da Gamaskop-polisie. 'n Navraag oor die voorval, is aan die Da Gamaskop-polisie gerig.
Volgens inligting, is dit nog onbekend waar die man die kis gekry het. Dit is volgens die polisie nie gelys is as deel van die gesteelde goedere wat op 18 Mei by begrafnisonderneming in Mosselstraat gebuit is nie.
VIDEO - Die video video toon hoe die man vanuit Ankerstraat met die doodskis in Strandstraat afstap. Strandstraat is reg agter die Da Gamaskop-polisie. 'n Navraag oor die voorval, is aan die Da Gamaskop-polisie gerig. (Video: Facebook).
‘n Ooggetuie wat die onbekende man Maandag sien stap het, berig dat hy glo ook die doodskis onderweg na ‘n winkel toe op ‘n straathoek in die omgewing gelos het.
“Hy het dit net daar gelos en toe eers ‘n paar inkopies gaan doen, teruggestap, die kis opgetel en toe stap hy verder. Niemand het toe hy weg was, naby die kis daar op die hoek gekom nie,” het ‘n ooggetuie aan die Advertiser vertel.
Enige persoon met inligting oor die inbraak by die begrafnisonderneming in Mosselstraat kan die ondersoekbeampte, kst Wendell Januarie skakel (044 606 2200).
Drie soortgelyke kistrollies is van die artikels wat by 'n plaaslike begrafnis-ondernemer gesteel is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'