MOSSELBAAI NUUS - Die Rasta-gemeenskap van Groot-Brakrivier (House of Judah) het onlangs met die Mosselbaai brandweer gereël om op Woensdag, 12 Julie, ‘n praatjie vir kinders te kom lewer oor brandbestryding.
Dié praatjie en demonstrasie het op Groot Brak se rugbyveld plaasgevind.
Brande verwoes jaarliks etlike huise in die woongebiede gedurende die wintermaande en stel kinders se lewens in gevaar.
Brandweerman Decadian Botha het die kinders ingelig oor die gevare van brande en 'n demonstrasies gelewer. Die House of Judah het die brandweer en Mosselbaai-munisipaliteit bedank vir dié insiggewende praatjie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’