Volgens die Da Gamaskop-polisie het die voorval Sondag laatmiddag om 18:30 in Randstraat, Uitbreiding 8 gebeur.
Ooggetuies het aan die polisie vertel dat die bestuurder (52) van die voertuig agteruit oor die kleuter, Sandré Prins, gery het. Omstanders wat die voorval gesien het, het na bewering geskree, waarna die bestuurder vermoedelik weens skok, weer vorentoe oor die seun gery het.
Die beseerder kleuter is na ‘n plaaslike hospitaal afgevoer waarna hy na die Rooikruis Kinderhospitaal oorgeplaas is.