Die organiseerder het groot ondersteuning uit alle oorde ontvang. Etlike privaat skenkings is ontvang vir 'n verskeidenheid koek en koeldrank, lekkers en worsrolletjies. Die poppekas was 'n groot treffer en 'n springkasteel, geborg deur Jumping Joy, was die kinders se groot vreugde.
Die SAPCOR "Kies 'n Kind"-projek, wat gekoördineer is deur Elmine Lamprecht, het verseker dat elke kind 'n skoendoos vol verassings ontvang het. Elke kind het ook 'n geskenk ontvang van Game, Makro en Toys-R-Us, wat deur bemiddeling van 'n paartjie uit Stilbaai moontlik gemaak is. Terblanche Transport van Albertinia het die aflewering gedoen. Bosman en Venter Prokureurs het ook geskenke verskaf.
‘n hartlike en opregte dankie aan almal wat bygedra het om hierdie dag so spesiaal te maak vir hierdie kinders.

Die Mosselbaai-tak van Solidariteit Helpende Hand se span wat vir die reëlings verantwoordelik was: Voor: Jorina Leibbrandt, Hettie van Jaarsveld (Onder-voorsitter), Dirk Leibbrandt (Voorsitter), Sonja de Wet (Sekretaresse), Annalien van der Kuip. Agter: Joeye Swart, Hettie Steenkamp, Almaine Bosman, Yvonne Swanepoel, Helen, Gert de Wet (Tesourier)