MOSSELBAAI NUUS - Die Kersfeesliggies word op 9 Desember amptelik aangeskakel in die Harry Giddey-park.
Die publiek word uitgenooi om vanaf 18:00 die verrigtinge, wat vanjaar die jeug as tema het, by te woon.
"Bring 'n piekniekmandjie en kom geniet die lekker feestelike atmosfeer. Daar sal kersliedjies gesing word en 'n vermaakprogram sal volg.
"Almal is baie welkom," aldus die munisipale woordvoerder, mnr Colin Puren.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Hessequa, Karoo nuus'