Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Mosselbaai Gereformeerde Kerk het vanoggend, Donderdag 22 November die inwoners en werknemers van die ACVV Kenani Diensentrum getrakteer met roomyse.
“Lede van die gemeente het aan die inwoners gevra wat hul grootste droom is,” het Ronel Hamman van die kerk gesê. Sy vertel hulle het aangedui dis om ‘n roomys te eet.
Met 120 mense om te bedien, waarvan 35 persone met gestremdhede is, was dit nie moontlik om hulle almal by Pieter en Stella Cordier se Stellerien’s Eet en Geniet roomys karavaan in Santos te kry nie.
Pieter en Stella het ingestem om die besigheid na die dienssentrum te bring, waar hulle dan die roomyse sal bedien.
Die gemeente het met ‘n pretstap geld ingesamel om vir die smullekker roomyse te betaal.
Kyk 'n video hieronder.
Lees meer in volgende week se Mossel Bay Home Ads News en Mossel Bay Advertiser.
"Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus"