MOSSELBAAI NUUS - Die AGS Greenhaven hou hierdie week 'n reeks byeenkomste met 'n spesifieke fokus op die stand van huwelike.
Pastoor Leon Prinsloo, leierleraar van die gemeente het gesê dat die Here dit 'n tyd gelede op sy hart gelê het om voorbidding te doen vir huwelike. Die prediker is pastoor James Davids.
Die aandbyeenkomste vind plaas op Donderdag, 28 November en Vrydag, 29 November om 19:00. Op Sondag, 1 Desember, word die byeenkoms om 09:00 gehou.
"Ek nooi almal wie se huwelike ekself bevestig het, om die diens te kom bywoon. Ek het dit op my hart dat ons huweliksbeloftes weer moet hernu," sê past Prinsloo.
Pastoor James Davids.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'