MOSSELBAAI NUUS - ACVV Kenani bied op Sondag, 4 Augustus om 12:00 weer hulle gewilde teelepeltjie-ete in Kenani se grootsaal aan.
Enigiemand is welkom en die koste is R90 per volwassene, R40 vir kinders ses tot 12 jaar en R20 vir kinders jonger as ses jaar.
"Kom geniet 'n ete eie aan sy soort - jy skep met 'n teelepeltjie maar kan eet soveel as wat jy wil. Dis 'n smaaksensasie en 'n proe-geleentheid eie aan sy soort."
Daar is 'n groot verskeidenheid geregte, onder meer vier vleisgeregte asook Kenani se gewilde afval, groente, slaaie en nagereg om van te kies en te keur. Neem jou eie drinkgoed saam.
Dié fondsinsamelingsprojek is ter ondersteuning van belangrike dienste wat aan die bejaardes in die gemeenskap gelewer word.
Kontak vir Susan Boshoff of Mariana Lategan (044 690 3204 of 044 690 3794) om jou plek te bespreek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'