MOSSELBAAI NUUS - Die plaaslike gespreksgroep oor genealogie kom weer volgende week in Hartenbos Heuwels byeen.
Die groep ontmoet op 18 Maart om 14:00 by Katjiepieringstraat 27, Hartenbos Heuwels
Gespreksdeelnemers word versoek om alles wat hulle oor hulle voorsate uitgevind het, saam te bring.
"Laat ons weet of jy enige probleem met die navorsing het en nooi ander mense wat ook graag deel wil wees van die groep," se die organiseerders. Hulle beplan om kundige sprekers in hierdie veld te betrek.
"Moenie skaam wees om vrae te vra nie. Dit is baie belangrik om te weet waar jy vandaan kom."
Enige navrae kan gerig word aan Sias Coetsee (082 821 7164).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'