SUID-KAAP NUUSFLITS - Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) sien vanjaar met groot opwinding uit na die jaarlikse Art from the Heart projek wat weer by die St Augustine kerk in George op Vrydag 6 Oktober aangebied word.
Die publiek word na die geselligheid genooi wat saam met die veiling aangebied word om 19:00 teen R50 per persoon.
Vanjaar het meer as 45 splinternuwe kunstenaars hul ondersteuning aan die projek gegee. Dit beteken dat Kansa vanjaar tussen 80 en 100 nuwe kunswerke vir die veiling beskikbaar gaan stel.
Kansa beroep hul jaarliks op die ondersteuning van plaaslike kunstenaars vanaf Beaufort-Wes, die Klein Karoo en Tuinroete-streek om deel van die projek te vorm.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'