HEIDELBERG NUUS - Die skool se 51 matrikulante het hul laaste amptelike skooldag Vrydag, 11 September geesdriftig gevier en nie toegelaat dat die landswye pandemie hul blydskap demp nie.
Vanjaar se vieringe was egter bietjie anders as ander jare.
Die formele verrigtinge is in die skoolsaal afgehandel, waartydens die leerders as modelle poseer het met spesiaal gemaakte "fotorame".
Daarna het hulle mekaar se hemde met boodskappe en prentjies versier. Volgens die prinsipaal, Vivian Prins sal hulle die nodige dokumentasie voor die eindeksamen wat op 5 November begin, ontvang.
Die groep matrieks op pad skool toe. Foto: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'