Video
GROOT-BRAKRIVIER EN VIDEO - Die eienaar van die Groot Brak Kafee het ander besighede gewaarsku teen misdadigers wat saans by besighede op Groot-Brakrivier probeer inbreek.
Dit volg nadat 'n verdagte Vrydagaand omstreeks middernag 'n venster by die kafee gebreek het in 'n poging om toegang tot die perseel te kry.
Die eienaar van die kafee woon op dieselfde perseel en het wakker geword van die venster wat breek. Hy het ondersoek ingestel en die verdagte het gevlug.
Die Mossel Bay Advertiser het navrae aan die polisie op Groot-Brakrivier gerig en wag op kommentaar.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'