Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Weens die Covid-19-inperkings het die Eden Photographic Society (EPS) hul Julie-byeenkoms weer virtueel aangebied.
Augustus se beoordeling sal ook virtueel wees en daar sal ook nie gedurende Augustus 'n fotografie-aand by die Diaz Strand Hotel wees nie.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings. Julie se voorgeskrewe onderwerp was Black and White Shadows.
Fotogalery: Eden Photographic Society se Julie-foto's
Die algehele wenfoto van Junie
- Groep B-wenner: Gerda Fouche se Cameleon Art - visuele kuns.
- Groep A-wenner: Anton la Grange se Troopers in the Mist - visuele kuns.
Certificate of Merit
- Visuele kuns - Anton la Grange se Troopers in the Mist.
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub, kontak Michael van Schalkwyk (082 953 7671).
Lesers kan ook gerus na EPS se Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'