MOSSELBAAI NUUS - 'n Onderwyser van Hoërskool Punt, Madelie Broodryk (30) het onlangs haar tweede boek gepubliseer. Die boek, Ebony and Ivory is in Augustus deur Malherbe Uitgewers gepubliseer.
Die boek handel oor onder meer geloof en "hoe die Here jou lewe kan omdraai."
Dit is Madelie se tweede boek. Haar eerste boek, Sekondes Tel het sy in Oktober 2022 gepubliseer.
"My droom was om net een boek in my lewe te publiseer. Die lewe maak ongelooflike snaakse draaie met 'n mens. Ek het net geweet, ek kan nie ophou skryf nie. My tweede boek het ek in 'n kwessie van twee maande geskryf.
"Ek moet bieg. Die boek is not for the faint hearted. My inspirasie vir die boek is gegrond op die wrede wêreld waarin ons leef. Die lewe maak almal moedeloos, kwaad en baie ontevrede. Maar hoeveel keer kyk mens op na die Vader wat ons gemaak het?"
Die boek gaan oor die 10-jarige Clarie wat vir agt jaar deur haar pa en sy vriende mishandel word.
Clarie kry dit reg om haarself te bevry maar besef gou dis nie so maklik om weer in 'n normale lewe aan te pas nie. Dan ontmoet sy Michael, haar redder, in die agterplaas van 'n boekwinkel.
Lesers kan die boek bestel deur 'n e-pos te stuur na: sales@malherbe-uitgewers.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’