MOSSELBAAI NUUS - Met Mandeladag om die draai, is die 67 minute van welwillendheid weer in almal se gedagtes.
Die graad 5-leerders in Curro Mosselbaai se Engelse klas gaan op Mandeladag, soos verlede jaar weer hul deeltjie doen vir diere wat aandag en sorg nodig het.
Hul doel vanjaar is om kleurvolle, kreatiewe en vrolike dierebedjies te verf. Die jongspan beplan om ou motorbande te verf en dit te gebruik vir honde- en katbedjies.
Kussings met oortreksels word dan binne-in gesit. En op die koop toe, sal daar tydens die werkery sop en 'n broodjie teen R5 beskikbaar wees ter stuiwing van fondse.
Die leerders het reeds bande vir hulle projek, maar daar is ander benodighede wat kortkom.
Dit sluit in: Primer, verf, kwaste, kussings met oortreksels, ou koerante en skenkings van sop en broodjies om te verkoop.
"Alle persone wat 'n hart en liefde het vir diere en wat graag betrokke wil wees om 'n warm slaapplekkie vir honde en katte te gee word gevra om die projek te ondersteun," nooi die graad 5-ma's.
Vir verdere inligting, kontak Michelle of Mary-Ann by die DBV (044 693 0824).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'