Gallery
MOSSELBAAI NUUS - 'n Jong man is gisteroggend, Saterdag 19 Oktober, net na 07:00 lig beseer nadat hy beheer oor sy blou Volkswagen Polo verloor het op afrit van die N2 en die Aalwyndalpad en sy voertuig gerol het.
Nooddienste onder meer die Provinsiale Verkeer, By Grace ambulansdiens, Mosselbaai Fire and Rescue asook die Da Gamaskop polisie en Meyer insleepdiens was vinnig op die toneel.
Die man het egter behandeling geweier.
Hy is op die toneel gearresteer aangesien hy moontlik onder die invloed van drank bestuur het. Hy was ook die enigste insittende van die voertuig.
Die polisie ondersoek die saak.Die polisie ondersoek die saak.'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'