MOSSELBAAI NUUS - Die Jeugdagvieringe op Buisplaas het nie die nodige verwagte groot rugby- en netbaltoernooi opgelewer nie.
Dit was vanweë 'n klomp spanne wat voor die geleentheid onttrek het, maar dit het die inwoners nie van stryk gebring nie.
Die plaaslike netbal- en rugbyspanne het steeds groot pret gehad.
Volgens die organiseerder, Hiran Tarentaal, het die kinders en die grootmense wat hulle ondersteun het, die dag baie geniet.
Warm vetkoek en potjiekos is gratis verskaf en het die spelers van genoeg energie voorsien. 'n Oud-inwoner van Buisplaas, Petty Buis, was 'n gasspreker tydens die geleentheid in die saaltjie waar 'n talentkompetisie ook vir die jeug aangebied is.
Maruwaan Pikan het die eerste prys tydens die talentkompetisie verower, wat op Jeugdag by Buisplaas gehou is.
Die netbaldogters van Buisplaas het die Jeugdagvieringe geniet.
Die jeug luister aandagtig na gasspreker, Petty Buis, wat vertel van sy ondervindinge sedert hy daar grootgeword het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’