Dit het op die plaas Kouma in die omgewing van Mosselbaai plaasgevind.
Onder begeleiding van toegewyde mentors is hulle prakties en speel-speel blootgestel aan natuurverwante aktiwiteite soos stap, voëlkyk, inheemse bome, kamp, oorlewing in noodsituasies, water en aardverandering. Tydens spanbouoefeninge het die jongspan ook ywerig deelgeneem aan verskillende kultuursporte en speletjies. Alles natuurlik in spanverband met ernstige kompetisie tussen die spanne. So ongemerk is ook op leierskapontwikkeling en praktiese waarneming gekonsentreer.
Die kinders moes skuilings bou, water uit plante verkry, kos met die minimum toerusting in die hande te kry en is geleer hoe om, ten spyte van hindernisse en gevaarlike diere, in die nag te beweeg.
Len Nel was die natuurman en het interessanthede soos die rol wat voëls, veral uile, suikerbekkies en tiptolle in die natuur speel. Gevare in die veld is ook aan hulle uitgewys.
Almal het in hul eie tente gebly en die besige naweek met ‘n vol program met veeleisende praktiese aktiwiteite in die buitelug het gesorg vir ‘n vreeslike eetlus, maar Tannie Pleisters en Oom Stilles was daar met heerlike geregte uit die veldkombuis. Oom Dirk Black met sy kitaar het gesorg vir gesellige aande om die kampvuur en Oom Alvin Hayes met sy truuks het bygedra dat die klompie kinders toegerus is om veel verder te kom wanneer daar probleme opduik.
Vir navrae oor junior opleiding kan Neels Meyer geskakel word by 082 824 8603 of Melinda Bosch by die Suid-Kaap Jagters se kantoor in Voorbaai by 044 695 2319.
FOTOGALERY

'n Boer maak 'n plan as daar 'n bakkie in die pad staan.
http://www.georgeherald.com
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'