Jong braai-entoesiaste tussen die ouderdom van 10 en 14 jaar mag aan die kompetisie deelneem en staan die kans om met die titel van braaikampioen en groot pryse soos Webers en geskenkbewyse weg te stap. Daar sal ook verskeie gelukstrekkings wees en die Kom Braai TV-span, met aanbieder Dewald Visser, sal byderhand wees om al die braai-aksie op kamera vas te lê vir die derde reeks van die program, wat in Februarie 2012 op TopTV uitgesaai sal word.
Tydens die braaikompetisie sal daar ook 'n kunstenaar optree om ouers en kinders te vermaak.
Alhoewel inskrywings nog op die dag van die kompetisie aanvaar word, sal SMS inskrywings voorkeur geniet. Inskrywings is gratis, maar sal beperk word tot 60 deelnemers per streek. Elke deelnemer ontvang 'n geskenkpak met 'n pet, T-hemp, voorskoot en opwindende produkte. Alle bestanddele en braaigereedskap vir die kompetisie sal aan deelnemers verskaf word.
Om in aanmerking te kom om deel te neem, SMS die relevante winkelsentrum (sien hieronder), en jou naam en van na 082 853 8529.
Vir meer reëls en voorwaardes besoek die webwerf by www.kombraai.com.
Maak seker dat jy by die volgende winkelsentrums tydens die Desember-vakansie inloer en jou slag as voorslag braaier wys.
- 14 Desember- Langeberg Winkelsentrum, Mosselbaai 09:00 -13:00
- 15 Desember - Woodmill Lane Winkelsentrum, Knysna 09:00 -13:00
- 16 Desember - The Market Square Winkelsentrum, Plettenbergbaai 09:00 -13:00
- 17 Desember- Fountains Winkelsentrum, Jeffreysbaai 09:00 -13:00