GROOT BRAKRIVIER NUUS - Inwoners op Groot-Brakrivier het die afgelope week op verskeie sekuriteitsgroepe die diefstal van hul tuinplante aangemeld.
Proteas is in Arendstraat gesteel en jong broodbome is vanuit 'n tuin in Kiewietlaan gesteel.
Polisiekommunikasiebeampte, sers Laurianne Botha het inwoners aangemoedig om 'n saak van diefstal by die polisie aanhangig te maak.
"Dit bly 'n oortreding om iemand se tuinplante te steel en inwoners moet dit beslis by die polisiekantoor aanmeld."
Teen die ter perse gaan is niemand nog in verband met die voorvalle vasgetrek nie.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'