MOSSELBAAI NUUSFLITS - Inwoners van Waboomstraat, Hartenbos Heuwels, het vandeesweek ontstig reageer op die ontbossing van 'n oop stuk grond in hul area waar die privaateienaar gemaan is om stappe te neem om 'n brandrisiko te beperk.
Tog blyk dit dat sommige van die inwoners juis bydra tot 'n brandrisiko wat tot die ontbossing aanleiding gegee het deur onder meer tuinvullis op die onontwikkelde grond te stort.
Dit blyk inwoners was verkeerdelik onder die indruk dat die grond ter sprake 'n bewarea is, aangesien geen sodanige registrasie by die munisipaliteit bestaan nie.
Inwoners meen die ontbossing is gedoen sonder inagneming van verskeie kleinwildspesies, voëls, bergskilpaaie en bykans volgroeide aalwyne.
'n Baie ontstelde inwoner het berig dat aalwyne hoër as anderhalfmeter summier afgesny is deur die kontrakteur wat die ontbossing gedoen het.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, as ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'