Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Hele aantal lede van die gemeenskap en pendelaars het Woensdag, 17 Maart by die D'Almeida Beehives bymekaargekom vir 'n optog na die Da Gamaskop-polisiestasie waar die organiseerder, Jonathan Amsterdam twee versoekskrifte aan die waarnemende burgemeester, raadsheer Dirk Kotzé en die munisipale bestuurder adv Thys Giliomee oorhandig het.
Die optog spruit voort uit die aanranding op 'n man op 1 Maart tydens 'n taxi-staking op Louis Fourieweg.
Pendelaars beweer dat hulle teikens geword het van die taxi-bestuurders en dat hulle ook geïntimideer word.
Verder beweer hulle dat taxi-bestuurders doen net wat hulle wil. Nog 'n klagte is dat die taxi's nie padwaardig is nie en pendelaars se lewens in gevaar stel.
Kyk 'n video hieronder:
Johnathan Amsterdam oorhanding die versoekskrifte aan raadsheer Dirk Kotzé (middel) terwyl adv Thys Gilliomee toekyk. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'