MOSSELBAAI NUUS - 'n Inwoner van Groot-Brakrivier is gister deur die polisie in hegtenis geneem nadat dwelms in sy besit gevind is.
Polisiewoordvoerder, sers Laurianne Botha sê hulle het op inligting gereageer en die verdagte man se woning deursoek.
Beslag is gelê op 17 Mandrax-pille, 19 stoppe dagga, drie pakkies Tik, tien pakkies sigarette asook ‘n onbekende bedrag kontant.
Die verdagte verskyn eersdaags in die Mosselbaai Landdroshof op aanklag van die besit van dwelms.
Die dwelms wat in die verdagte se besit gevind is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'