MOSSELBAAI NUUS - 'n Verdagte man wat in die vroegoggendure op Saterdag, 13 Julie by Midas in Voorbaai ingebreek het, het gedurende die voorval deur die plafon van die gebou gestort en homself beseer.
Sekuriteitswagte van MSec wat reageer het toe die alarm om 04:10 op die perseel geaktiveer is, het die 20-jarige verdagte wat steeds met hulle aankoms op die toneel in die gebou was, betrap.
Hy is later aan die Da Gamaskop-polisie oorhandig. Die man het toegang tot die gebou verkry deur deur die dak te klim.
Hy is in 'n plaaslike hospitaal behandel vir sy beserings en het op 15 Julie voor die hof op Mosselbaai verskyn. Hy verskyn weer op 22 Julie voor die hof om 'n borgaansoek te bring.
Die ondersoekbeampte in die saak is sers Donovan Geswindt van die Da Gamaskop-polisie se speurafdeling.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'