MOSSELBAAI NUUS - 'n Man wat ingebreek het by 'n plek van veiligheid vir mishandelde vroue en kinders om met sy vervreemde vriendin te praat, is onlangs vir hierdie oortreding tot ses maande direkte gevangenisstraf gevonnis.
Die voorval het plaasgevind op 3 April vanjaar om 01:00 toe die man by 'n perseel in Alfhofrylaan ingebreek het.
Die 25-jarige gevonnisde oortreder is later op dieselfde dag in hegtenis geneem nadat hy geïdentifiseer is.
Die man is op 20 Mei gevonnis in die Mosselbaai-landdroshof en sy vonnis is vir drie jaar in geheel opgeskort. Die saak is ondersoek deur ao A Stokes van die Da Gamaskop-polisie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'