Misdaad is ‘n algemene vyand en raak die hele gemeenskap. Gedurende hierdie gespreksforums wil die SAPD die gemeenskap se insette hê rakende beter dienslewering en ‘n groter samewerking teen misdaad.
Die Imbizos sal op die volgende datums, tye en plekke plaasvind:
- 12 September - 19:00 in die Sonskynvallei-gemeenskapsaal
- 17 September - 19:00 in Uitbreiding 13, Nativity-kerksaal
- 19 September -19:00 in Joe Slovo Village se gemeenskapsaal
- 26 September - 19:00 in Uitbreiding 8, D’Almeida-gemeenskapsaal
- 1 Oktober - 10:00 in Brandwag se gemeenskapsaal
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'