MOSSELBAAI NUUS - Raadslid Dawid Kamfer (Icosa) het aan Groot-Brakrivier se mense onderneem dat grond van plaasboere sonder vergoeding gevat sal word sou voortgegaan word om vrees in te boesem dat hulle op Mosselbaai begrawe sal word sodra die plaaslike begraafplaas vol is.
Kamfer sê die gemeenskap het benewens die onlangse skokpryse vir grafte (wat intussen gewysig is) tot 'n verdere skokbesef gekom dat die munisipaliteit voornemens is om Grootbrakkers in Mosselbaai te begrawe waar 'n streeksbegraafplaas onlangs tot stand gebring is.
Hy het die gemeenskap belowe dat Icosa sal help om geskikte grond te identifiseer vir 'n plaaslike begraafplaas.
"Vir die gemeenskap van Groot-Brakrivier wat eers 'n onafhanklike dorp met sy eie identiteit was, met 'n unieke gemeenskap met eie uitdagings en sterk familiebande, sal dit die grootste terugslag wees sou geliefdes nie meer in die omgewing te ruste gelê kan word nie.
"Daarom sal nie gehuiwer word om te verhoed dat mense wat in Groot Brak sterf op Mosselbaai begrawe word nie."
Lees 'n verwante artikel | Grave costs: Increases reduced dramatically
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'