MOSSELBAAI NUUS - Die Zettie Jonker Hulpsentrum hou op Saterdag, 26 November 'n Fair to November-karnaval by die skool in Aalwyndal.
Daar gaan 34 stokperde teen mekaar meeding en mense kan nou al aanlyn weddenskappe plaas op die perde.
Die perde gaan net so 40 meter "hardloop" en teen mekaar kompeteer in spanne van vyf elk. Toeskouers kan dan op die dag ook op die perde bie. Die perde het interessante en uiteenlopende jokkies.
Daar is pryse vir die beste perd, vir die een wat die meeste weddenskappe kry en ook vir die perd wat die meeste likes en views op Facebook kry.
Dit beloof om 'n heerlike gesinsuitstappie te wees met eet- en drinkgoed en 'n karnaval-atmosfeer.
Besighede wat die fondsinsameling wil ondersteun deur op die dag uit te stal, kan die skool direk kontak.
Mense kan op die Zettie Jonker Hulpsentrum se Facebookblad na die 34 perde en hul ruiters gaan kyk en besluit op wie jy jou geld wil verwed.
Die hoof van die sentrum, Zettie Jonker vertel: "Die fondse wat so ingesamel word, gaan gebruik word om opleidings- en ander apparate vir opvoedkundige programme aan te koop wat vir ons kinders wat nie kan praat nie 'n manier gee om te kommunikeer."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'