MOSSELBAAI NUUS - 'n Man van Adriaansrylaan in Alsapark is letterlik in sak en as nadat sy huis die afgelope naweek kwaadwillig aan die brand gesteek en alles wat hy besit uitgebrand het.
Jan Karelse se stiefseun (33) word daarvan verdink dat hy sy vorige dreigemente uitgevoer en die huis moedswillig afgebrand het. Karelse en sy seun het letterlik net die klere aan hul lyf.
Toe die brandweer op die toneel kom, was die brand reeds te ver gevorder om enige besittings te kon red.
"Ek en dié stiefseun moet op 3 Julie vir 'n derde keer weer voor die hof kom. Ek het reeds 'n beskermingsbevel teen hom."
Karelse en sy seun moet intussen van die goedgunstigheid van vriende en familie oor die weg kom.
Enige persoon wat oor klein grootte wintersklere, beddegoed, grootte 8 skoene, kombuisgoed en boumateriaal beskik wat vir Karelse weer op sy voete kan help, word versoek om Lionel (Danie) Fillies (082 742 8961) te kontak of bydraes af te lewer by Dywilistraat 56, KwaNonqaba.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'