Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Vandeesweek se maatskaplike konferensie aangebied deur Solidariteit Helpende Hand, getiteld Die wil om te help, het in 'n groot mate selfsorg as die fokus gehad.
Die byeenkoms, gemik op vrywilligers, versorgers, maatskaplike werkers en alle ander persone wat uitreik na ander in die gemeenskap, is op 15 Maart by die Diaz Hotel gehou.
Sprekers het ingesluit Marieta Kemp wat vanuit haar ervaring in die veld van nie-regeringsorganisasies (NROs) gesels het. Haar aanbieding is via die internet nasional gestroom na venues waar konferensiegangers byeen was.
Kemp het 'n boek geskryf oor waarom hierdie tipe organisasies maklik misluk. Sy skryf in haar boek dat volgens huidige statistiek, slegs 40% van Suid-Afrikaanse NROs geregistreer is en aan bestaande wetgewing voldoen.
VIDEO: Solidariteit Helpende Hand Wil om te help werkswinkel
Ander aspekte wat hierdie organisasies pootjie, is nie net fondse nie, maar ook gebrekkige struktuur wat die organisasie daarvan betref.
Ander sprekers het ingesluit Elizabeth Myburg en Annelise de Jager.
"Ons het vandag gehoor hoe belangrik dit is om na die self te kyk en hoe om angs en depressie nie net te identifiseer nie, maar deur leefstyl aanpassings aan te spreek. Selfs die waarde van goeie asemhaling is bespreek," berig Marlise Labuschagne, assistent-streeksorganiseerder vir Solidariteit.
Cornelle Carstens het konferensiegangers in 'n ligte luim laat huis toe gaan, nadat twee van haar altergo's vermaak gebied het onder die tema, Moenie murmereer, floreer!
Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'