Die Heiderand-area loop die afgelope tyd deur onder huisinbrake.
Die polisielede het die huis in KwaNonqaba, waarin die twee verdagte mans weggekruip het, omsingel. Die mans is deur die polisielede oorval en het hul hul samewerking gegee. Beide die verdagtes, wat in hul 30s is, is oorspronklik van Mosambiek. Van die gesteelde goedere was in die huis gevind.
Die woordvoerder vir die Mosselbaai Polisiestasie, Ao Pieter Koekemoer, sê, "Agt van ons lede het op die huis toegeslaan. Die verdagtes is gearresteer en verskyn binnekort in die Mosselbaai Landdroshof."

Kst's Devan Rabie, Maryke Taljaard, Lt Kol Albert Haggard, Kst Thembakazi Songca en Gabriel Jafta. Ander lede wat betrokke was, is: Ao's Moos Roode, Rudolph Rademeyer, Sers Thurston Amsterdam en Kst Heini Rhode.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'