MOSSELBAAI NUUS - ‘n Nege-en-twintig-jarige man is vanoggend in sy huis in Dubestraat op Asla Park beroof.
Volgens die KwaNonqaba-polisie het die voorval om 02:00 plaasgevind.
Woordvoerder, Sersant Kappie Kapp sê die slagoffer het geslaap toe twee verdagtes aan sy voordeur geklop het.
“Die verdagtes het geld geëis. Hulle het die deur oopgebreek en die slagoffer met pangas aangehou en hom van onder meer ‘n onbekende bedrag kontant beroof.” Die verdagtes het daarna gevlug.
Hulle is steeds op vrye voet.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'