MOSSELBAAI NUUS - Die volgende maandelikse vergadering van die Mosselbaaise Houtwerkersgilde sal op Dinsdag, 3 April om 18:00 by Sias Coetsee by Katjiepieringstraat 27, Hartenbosheuwels gehou word.
'n Kundige van Botha en Barnard Meubelfabriek sal 'n praatjie lewer oor lym en die afwerking van meubels. Dit sal interessant wees om te weet hoe kundiges met die finale afwerking van meubels werk.
By die vorige vergadering het Peter Dahl van Denemarke meer te vertelle gehad oor die verwerking, voorbereiding en gebruik van Beukehout. Die produkte wat hy maak, het groot belangstelling uitgelok.
Hy het heelwat produkte saamgebring ter illustrasie.
Belangstellendes, soos lede is welkom om die vergadering by te woon.
Kontak die voorsitter, Sias Coetsee (082 821 7164 of 082 454 5724 of 044 6950872) met navrae.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'