MOSSELBAAI NUUS - Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi na die volgende maandvergadering van die Mosselbaaise Houtwerkersgilde.
Dit vind plaas op Dinsdag, 1 September om 18:00 by Sias Coetsee se huis in Katjiepieringstraat 27, Hartenbosheuwels.
"Dit sal interessant wees as elkeen kan vertel waarmee hy besig gebly het tydens die inperking. Jy is selfs welkom om vir die ander lede te kom wys, so leer ons en deel kennis en inspireer." Streng Covid-19-reëls sal toegepas word. "Maskers is 'n moet. Dis vir almal se veiligheid." Nie-lede ook welkom. Alle navrae kan gerig word aan die voorsitter, Sias Coetsee (044 695 0872 of 082 821 7164).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'