MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaaise Houtwerkersgilde is gestig om houtwerkers en belangstellendes in Mosselbaai en die omgewing bymekaar te bring met die doel om idees, kennis en kontakte uit te ruil.
Enige persoon wat in houtwerk belangstel, is welkom om lid te word.
Dit maak nie saak of jy oud of jonk, man of vrou is nie, net solank jy belangstel in houtwerk. "Van tyd tot tyd kry ons ook kundiges vir houtsneewerk. Die gilde help ook lede om restourasiewerk aan meubels te doen.
Daar is 'n jaarlikse lidmaatskapfooi van R150 betaalbaar."
Die lede kom een keer per maand, die eerste Dinsdag bymekaar en word per e-pos of 'n koerantberig in kennis gestel van die plek en tyd van die vergadering.
"As daar jongmense is wat belangstel in handvaardigheid met gereedskap kan dit gereël word, hier by ons is 'n paar afgetrede houtwerkonderwysers wat jou sal kan help. Ons het die talent gekry om met ons hande te werk en die vrug van ons hande werk te bekyk. Uit dankbaarheid aanvaar ons die verantwoordelikheid om ander te help om hul talente te ontdek en te bevorder."
Vir perfekte swaelsterte, tappe, voeë maak of fyn verdiep boorwerk is hier lede wat kan help. Hul sal ook help om met 'n stuk hout te vroetel en dit in 'n prag meubelstuk om te tower.
"Lede van die gilde is kunstenaars in eie reg. Ons het gereeld uitstalling waar ons die vrug van ons arbeid uitstal. Ons het verskillende projekte waar ons besoeke aan meubelfabrieke reël. Ons kry kundiges vir demonstrasie vir die skerpmaak en hanteer van handgereedskap, draaibankwerk en vele meer.
"As jy belangstel, kontak Sias Coetsee die voorsitter (082 8217164) of stuur e-pos na siasheleen2@telkomsa.net. Besoek gerus ons webwerf vir meer inligting op Mosselbaaise Houtwerkersgilde. Ons is ook op Facebook."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'