MOSSELBAAI NUUS - 'n Bestuurder (45) van 'n hotel op Mosselbaai het vandag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn op 'n aanklag van verkragting.
Die 28-jarige klaer beweer dat die bestuurder van die hotel haar na bewering in die hotel verkrag het.
Die omstandighede van die voorval is nog nie bekend nie.
Die verdagte is gister, op Sondag 17 September in hegtenis geneem en bly in aanhouding. Hy sal weer volgende Maandag in die hof verskyn vir 'n formele borgaansoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’