MOSSELBAAI NUUS - Woensdag 20 Maart is Wêreld Hoofbeseringsdag en vanjaar is die tema: Change your mind
Volgens onlangse statistieke word meer as 89 000 nuwe traumatiese hoofbeserings jaarliks in Suid-Afrika aangemeld.
Die herdenking van Wêreld Hoofbeseringsdag beoog om die kollig te plaas op die belangrike rol wat familie in die herstelproses van geaffekteerde persone kan vervul.
Waardevolle inligting is beskikbaar by die webskakel https://bit.ly/2TwSu4m
Life Bay View-hospitaal gaan Wêreld Hoofbeseringsdag gedenk en alle personeel op saalvlak en by ontvangs sal op Woensdag, 20 Maart harde helms (hard hats) dra as bewusmaking vir die noodsaak om veiligheid voorop te stel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'