MOSSELBAAI NUUS - ‘n Groot getal haaie is die afgelope paar dae in die see naby die Danabaai-omgewing opgemerk.
Voorsitter van die Danabaai Bewarea, Huig Wijtman sê hulle is bewus van die haaie, wat na wat verneem word, bronshaaie is.
Die haaie swem agter die branders en is duidelik sigbaar, veral vanuit die lug vanaf Danabaai tot Pinnacle Point.
Wijtman sê hulle is baie bly om te weet dat daar so baie haaie in die see is. “Ons is baie gelukkig oor die haaie en dit is wonderlik om te sien dat daar nog so baie haaie in die see is.”
Plaaslike helikopter-vlieënier, Kobus Krause sê hy het die afgelope paar dae met toeriste oor die gebied gevlieg en het die haaie gesien.
“Daar was hordes van hulle, net agter die branders. Dit is nogals ‘n verskyning wat ons gereeld hierdie tyd van die jaar in die spesifieke omgewing sien.”
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'