GLENTANA NUUS - Debbie de Klerk van Glentana maak al die afgelope agt jaar elke Kersfees die harte van die kindertjies en oumensies van die Hoogekraal-area in die Glentana-distrik bly met 'n Kersgeskenkie.
Sy sê egter sy kon dit nie die jaar alleen doen nie.
"Al my bure en vriende in Gallie Meyerstraat, Glentana het almal bydraes gemaak om my te help sodat ons glimlaggies op al die mensies se gesiggies kon sit. Elkeen van dié donateurs word van harte bedank vir hul skenkings."
Debbie maak deur die jaar gereeld 'n draai by Hoogekraal Primêre Skool om te kyk waar sy tot hulp kan wees met onder meer skryfbehoeftes ensomeer. Dan is daar ook 'n behoefte aan skryfbehoeftes, leë toiletrolle, blikkies ensomeer om projekte te doen asook kleertjies vir van die voorskoolse kindertjies van die Hoogekraal-area wat die Sinksabrug-kleuterskool bywoon.
Enige donasies is welkom en persone wat tot hulp kan wees kan vir Debbie kontak (082 547 8484).
Een van die kindertjies het 'n dankiebriefie geskryf. Lees dit gerus op die brieweblad.
'Ons bring jou die nuutste Glentana, Tuinroete nuus'