Update
MOSSELBAAI NUUS - Honderde inwoners en besoekers het vanaf Donderdag, 24 November tot Sondag, 27 November die gewilde MosJazz-fees op die strand by Santos bygewoon.
Uitvoerende bestuurder van die fees, Clarence Ford het aan die Mossel Bay Advertiser na afloop van die fees gesê dit was 'n groot sukses.
"Ons wil baie dankie sê aan die Mosselbaai-munisipaliteit asook elke besoeker aan die fees. Die meerderheid terugvoer wat ons ontvang het, is positief en ons sien uit daarna om weer na Mosselbaai terug te keer."
Vorige artikels:
'n Feesganger geniet die musiek met 'n orkes wat in die agtergrond speel.Foto's: Dexter Brinkhuis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'