MOSSELBAAI NUUS - Net soos hulle eienaar, is honde sekerlik ewe bly dat hulle weer tussen 06:00 en 09:00 strate toe kan gaan.
Maar ewenwel, net soos hulle eienaars wat dalk 'n bietjie onfiks geraak het tydens die algehele inperking van vyf weke, het honde dalk ook 'n hupstoot nodig om weer die huis te kan haal.
Uit Hartenbosheuwels berig 'n inwoner Heleen Coetsee dat die oefentyd tans soos "nagmaal op Ouplaas" lyk soos almal stap, hardloop of fietsry. In Keurboomstraat 9 A, berig Heleen het Hermann Bosman iets besonders in sy voortuin geskep.
"Daar is 'n honde-oase vir honde wat dors is en 'n lafenis nodig het. Stop gerus met jou hond vir 'n slukkie water, en asseblief dra 'n poop-sakkie saam," sê Heleen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'