MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie het in die vroeë oggendure van Maandag, 6 Mei ‘n klagte in Menkenkop bygewoon waar twee honde vermoedelik vergiftig is.
‘n Man en sy vrou wat in Barendstraat woon, het die polisie gekontak nadat hulle hul twee honde, ‘n boerboel en foksterriër dood op die gras buite die huis aangetref het.
Daar word vermoed dat die honde tussen 03:00-04:00 vanoggend vergiftig is, vermoedelik deur voornemende inbrekers.
Die honde is vroegoggend deur lede van die DBV van die perseel verwyder.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'