Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Hoërskool Punt het weer eens hul tradisie gestand gedoen deur skitterende matriekuitslae vir 2019 te lewer.
"Baie geluk aan ons matriekgroep. Julle het julself skitterend van jul taak gekwyt. Ongelukkig het 'n 100% slaagsyfer ons ontwyk, vanweë die druiping van een kandidaat," sê Adolf Gouws, skoolhoof van Punt.
Punt behaal 'n slaagsyfer van 99.5%.
"Wat die oes van onderskeidings betref was dit voorwaar 'n besonderse jaar."
Negentien kandidate behaal 'n A-gemiddeld. In totaal het Hoërskool Punt se matrieks 265 vakonderskeidings behaal.
Chanté van de Spy is vanjaar die top-kandidaat met agt onderskeidings en 'n gemiddeld van 94%.
Hoërskool Punt is veral trots op die pragtige matriekvrystelling-syfer wat behaal is, naamliks 86.9%. "Daar is min skole in die land wat dit kan nadoen."
Kyk 'n video hieronder
Die volgende leerders behaal almal 'n A-gemiddeld:
- Chanté van der Spy - 94% (agt onderskeidings)
- Christi Snyman - 92% (sewe onderskeidings)
- Johandri Vermaak - 90% (agt onderskeidings)
- Irisa Els - 89% (sewe onderskeidings)
- Terena Botha 88% (sewe onderskeidings)
- Hansie Barnard - 88% (ses onderskeidings)
- Thomas Barker - 86% (ses onderskeidings)
- Christelle Terblanche - 86% (agt onderskeidings)
- Delize Redelinghuys - 88% (ses onderskeidings)
- Chanelle Meintjies - 86% (sewe onderskeidings)
- Shané Koen - 85% (ses onderskeidings)
- Lorennée Warney - 83% (vyf onderskeidings)
- Ray Smith - 83% - (ses onderskeidings)
- Kyle Anderson - 83% (vier onderskeidings)
- Michael Frost - 83% (vyf onderskeidings)
- Charlene Johnson 81% (vier onderskeidings)
- Reevan Heppell - 80% (vier onderskeidings)
- Onicke Gousard - 80% (vier onderskeidings)
- Izaan Hough - 80% (vier onderskeidings)
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'