MOSSELBAAI NUUS - Met die matriekuitslae van 2018, het Hoërskool Punt se ouers, onderwysers en matrieks rede om vandag fees te vier!
Alhoewel daar slegs een druipeling is uit die 223, het die aantal kandidate wat universiteits toelating behaal het met 9% toegeneem.
Daar is 18 kandidate met ‘n A gemiddeld. Die top presteerder is Marina Barnard wat 8 onderskeidings behaal het. Kort op haar hakke is Marli Schoeman, Zachary September en WG Strauss met 7 onderskeidings elk.
Marina en Marli gaan beide medies studeer by Stellenbosch en Zachary mik vir 'n Ingenieursgraad.
In sy kort toespraak het mnr Gouws, Hoërskool Punt se hoof, die personeel bedank vir hul toewyding en die matrilukante gelukgewens met hul volharding en goeie resultate.
Van die 18 kandidate wat A gemiddelde bereik het saam met mnre van Zyl, Pieterse en Gouws.
Zachary September is een van die 4 A kandidate.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'