MOSSELBAAI NUUS - Daar was omtrent 'n geskarrel by die ACVV Ons Huis soos familielede van Bettie Weltsch op Woensdag, 6 Junie gereed gemaak het vir hierdie waardige dame se 100ste verjaarsdag.
Die saal is opgetooi, keurige eetgoed is uitgepak en selfs die uitvoerende burgemeester van Mosselbaai was daar om dié besonderse geleentheid te vier. Mevrou Weltsch, spog met ses kinders, 'n hele spannetjie kleinkinders en ook agterkleinkinders. Sy is gebore en getoë in Mosselbaai en het voorheen 'n hele klompie jare ook in die ACVV Kenani gewoon.
Getooi in rooi het sy op die vraag wat haar so mooi laat oudword het, het sy met waardigheid en 'n breë glimlag net een woord gesê: "Swaarkry."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'