Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die eerste plaaslike hiperbariese sentrum is Woensdag, 23 Junie amptelik deur onderburgemeester, raadsheer Dirk Kotzé geopen.
Die sentrum is in Danabaai geleë en bied hiperbariese suurstofbehandeling vir vinnige herstel na beserings, operasies en verskeie ander siektetoestande.
Die sentrum beskik ook oor toerusting vir die behandeling van plooie en behandeling om die vetjies te laat wegsmelt.
Die hiperbariese suurstofbehandeling gee pasiënte die geleentheid om die suurstofopname in die liggaam te verhoog om die liggaam te versterk teen verskeie kwale.
Kyk 'n video hieronder:
Raadsheer Dirk Kotzé saam met, van links: Beaudine Schmidt, Marnitz Marais, Ronnie Fouché (eienaar), Taunia Fouché (eienaar), Minette Marais, Sonja Marx en Loané Kritzinger.
Mede-eienaar Taunia Fouché wys hier hoe die hiperbariese suurstofbehandeling werk. Foto's: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'