MOSSELBAAI NUUS - Die personeel van Hillcrest Sekondêre Skool het op Vrydag, 7 Desember geskenkbokse gaan uitdeel aan 87 kleuters by Sunbeam-kleuterskool.
Hierdie projek, onder leiding van Connie Petersen, is 'n jaarlikse instelling en vorm deel van die skool se gemeenskap-betrokkenheid.
"Baie dankie aan al die opvoeders, vriende en familie wat 'n bydrae gelewer het," sê Petersen.
Hillcrest se personeel getooi in feestelike rooi.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'